BarryPix
Dit is dagbreek in Prins Albert en Piet Vries oefen sy wedren duiwe vir wedvlugte vanaf die Vrystaat en Noord Kaap. Henz-Lee Vries (12) is die drywer van die tandem fiets en Piet gee die ‘perdekrag’ om hierdie spesiale ontwerpte waentjie met die duiwe te sleep.
Piet is nie blind gebore nie maar het na n infeksie sy sig verloor en hulle twee is n bekende gesig op sy tandem op pad na sy landbou bedrywighede op Treintjiesrivier.



